Waarom bied Bundi Bos
die beste begin?
DINAMIESE BESTUURSPAN
Die skool het ‘n dinamiese bestuurspan wat kind gedrewe en personeel gefokus is. Ons glo dat gelukkige personeel bydra tot ‘n omgewing waar ons kinders kan floreer. Ons het ‘n oop-deur beleid waar ouers, personeel en ons kinders enige tyd welkom is. Ons is voorlopers in die vroeëkinderontwikkeling omgewing met ‘n strategiese ingesteldheid om ons kurrikulum voortdurend te verbeter en aan te pas, sodat ons kinders optimaal kan ontwikkel.
STIMULERENDE OMGEWING
Ons bied ‘n liefdevolle en stimulerende omgewing waar elke kind kan verken, ontdek en waag. Ons groot speelgronde en pragtige klaskamers vorm ‘n integrale deel van ons kinders se dag en daarom is dit vir ons belangrik dat dit bydra tot ‘n rustige, maar ook stimulerende omgewing.
GOEDGEKEURDE KURRIKULUM
Ons gebruik ‘n goedgekeurde kurrikulum gebaseer op die ELDAS (Early Learning and Development areas) soos deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Kurrikulum raamwerk vereis. Ons program is van hoogstaande gehalte en ons is deurlopend besig om ons kurrikulum aan te pas met nuwe navorsing en veranderinge in die opvoedkundige omgewing. Ons skep ‘n leeromgewing waar kinders die geleentheid kry om hulle probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel, waar ons hulle kreatiewe denke stimuleer en deur ons dagprogram ‘n liefde kweek vir leer. Voorskoolse leer vind die beste plaas deur spel. Daarom is ons kurrikulum so ontwikkel dat ons kinders deur gerigte spel en vryspel, optimaal kan ontwikkel.
Individuele Aandag en
Holistiese Benadering
Individuele aandag en ‘n holistiese benadering tot kinderontwikkeling vestig ‘n sterk fondasie waarop ons ons kinders se akademiese, sosiale en ander vaardighede bou. Hierdie fondasie is uiters belangrik vir verdere sukses van die kleuters as hy/sy skool toe gaan.
Sekuriteit en Veiligheid
Bundi Bos is ‘n doelgeboude kleuterskool waar sekuriteit en die veiligheid van ons kinders top prioriteit is. Ons het ‘n bio-metriese “tag”-stelsel wat toegang verleen tot ons terrein en klasse. Ons skool is gekoppel aan ‘n 24 uur reaksie-eenheid en ons sekuriteitsfirma is op perseel tydens spitstye. Kring televisie kameras op die perseel wat gebruik word vir sekuriteit en bestuursdoeleindes.
Noodhulpopleiding word deurlopend bygewoon soos wat sertifikate verval en ons het ‘n opgeleide brandspan.
Personeel
Bundi Bos is jou kind se huis weg van die huis.
Ons het opgeleide, omgee-personeel wat ‘n verskil in elke kind se lewe wil maak. Bundi Bos se personeel is ‘n gedugte span en dit is vir ons net so belangrik om gelukkige personeel te hê as om gelukkige ouers en kinders te hê.

