Waaroor gaan ons program?
By Bundi Bos Kleuterskool gebruik ons 'n holistiese benadering om u kind te ontwikkel.
Die vier ontwikkelingsareas waarop Bundi Bos se vroeëkinderontwikkelingsprogram fokus is:
Vroeë Kinder-ontwikkeling
Ons glo dat vroeëkinderontwikkeling (VKO) deur informele – en gerigte spel plaasvind. Spel word gebruik as die meganisme om die kinders toe te laat om te ondersoek en interaksie met die omgewing en mense om hulle te hê. Dit ontwikkel kritiese vaardighede soos probleemoplossing, om te dink en onafhanklik besluite te neem. Dit kweek verder selfrespek, om vir ander respek te hê en ontwikkel selfvertroue.
Ons goedgekeurde kurrikulum word aangebied binne ‘n weeklikse tema wat onder andere die volgende aktiwiteite insluit:
- Grootmotoriese ontwikkeling
- Fynmotoriese ontwikkeling
- Wiskunde
- Bak en brou
- Edukwanda
- Musiek en beweging
- Wetenskap
- Robotika
- Temabespreking en bybelstorie
- Storietyd
- Fantasiespel
Ons programme word volgens ouderdom aangebied en is:

Babas
3 tot 12 maande
(Fokus op die bereiking van mylpale op maand ouderdomme.)

1 tot 2 jaar

2 tot 3 jaar

3 tot 4 jaar


